Dwelmveldtog skop binnekort af by skole

Madelein Koekemoer.

Date:

25 April 2013

Read:

90 1,0,2,0,0,0,1

Print

‘n Dwelmveldtog begin op 6 Mei by verskeie hoërskole in en rondom Mokopane om die leerders bewus te maak van die gevare en ook om die dwelmprobleem in die dorp hok te slaan.
Dr. Lourens Fourie, ‘n predikant en dwelmkenner van die Kaap, gaan van 6 tot 10 Mei saam met lede van die Gemeenskapspolisiëringsforum en die Polisie graad 10 leerders toespreek. Dit volg nadat die GPF verlede maand vorendag gekom het met die projek om leerders bewus te maak van die verskillende soorte dwelms en die gevare daarvan.
Dr. Fourie se besoek word deur die Mokopane Sakekamer gefinansier, het Andy Goetsch, voorsitter van die GPF en sakekamer-bestuurslid, gesê. Dr. Fourie sal bygestaan word deur Madalein Koekemoer. Madalein het betrokke geraak nadat sy ‘n praatjie gelewer het by die Vrouelandbou-unie oor dwelmmisbruik en die gevolge daarvan.
Madalein wil hê die leerders moet besef dat dwelmhandelaars verskeie media gebruik om hul slagoffers uit te ken en in te trek. Hulle gebruik vriende en kollegas by werke, selfs kerke en kuierplekke om ‘n profile van jou saam te stel om te kyk of jy kwalifiseer as ‘n goeie kliënt. Die week saam dr. Fourie gaan die kinders leer om hopelik die gevare raak te sien en dit aan die regte mense te rapporteer.
Madalein het onlangs self deur ‘n krisis gegaan toe haar susterskind deur ‘n dwelmsindikaat ontvoer en aangehou is. Sy is na 7 dae opgespoor en is tans in ‘n rehabilitasiekliniek.

to comment you need to login first - Login

Leerders ingelig oor dwelms en die gevare daarvan

10 May 2013
News: Die Mokopane Gemeenskapspolisiёrings-forum (GPF) se dwelmveldtog het Maandag by die Gwenane High School in Sekgakgapeng afgeskop, waarna Hoërskool Piet Potgieter aan die beurt gekom het. Andy Goetsch, voorsitter van die GPF en Madalein Koekemoer het die kinders daarop gewys hoe maklik dit is om in ‘n dwelmnetwerk ingetrek te word.
365 0 Comments

Dwelmprojek vir skole geloods

15 March 2013
News: ‘n Dwelm-bewustheidsveldtog gaan binnekort geloods word om dwelmgebruikers in skole vas te vat en die leerders ook op die gevare daarvan te wys. Die dwelmprojek is vandeesweek tydens die Mokopane Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se vergadering bespreek.
265 0 Comments

Kyk uit vir motordiewe!

17 May 2013
News: Iewers in die dorp is daar ‘n sindikaat wat wag dat jy jou motor met ‘n afstandbeheer sluit en goedgemoeds wegstap sonder om aan die deurhandvatsel te voel of dit gesluit is.
113 0 Comments

In die gees van Ubuntu

20 September 2013
News: Die Graad 10 leerders van Hoërskool Piet Potgieter het hierdie kwartaal ‘n “Ubuntu Projek” gehad om te voltooi. Die taak het behels dat vrywillige gemeenskapswerk in die dorp en omgewing uitgevoer moes word. Die leerders het by verskillende instansies aangemeld waar behoeftes en tekorte voorkom.
53 0 Comments

Krugerpark sê totsiens vir geliefde onnie

01 November 2013
News: Na 24 jaar se getroue diens as onderwyseres by Laerskool Krugerpark in Mokopane, gaan mev. Cielie Mostert die skool nou verlaat om saam met haar man, Pieter, na hul nuwe sakebelange in Montana, Pretoria om te sien.
70 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles