15-jarige wen Limpopo toernooi

Cameron saam met sy afrigter T.J. Bekker en Schalk Maree. Shalk het onlangs by Gaps Golf Academy aangesluit as assistent-afrigter.

Date:

17 February 2012

Read:

65 0,0,1,0,0,0,0

Print

Die 15-jarige Cameron Mesmith van Mokopane het stof in die ou-manne se oë geskop toe hy onlangs die Limpopo Closed amateur gholftoernooi gewen het. Cameron is nog altyd lief vir gholf, maar sy spel het drasties begin verbeter toe hy verlede jaar afrigting van TJ Bekker van Gapps Golf Academy begin ontvang het.  Sy voorgee het in minder as ‘n jaar van 16 na 0 verbeter.
Nadat hy die Limpopo Closed met tellings van 74 en 70 gewen het, is hy gekies vir die Driehoekige Limpopo Amateurspan wat Limpopo eersdaags op Witrivier sal verteenwoordig. Vir ‘n junior is dit ‘n fantastiese prestasie, veral as ‘n mens in ag neem dat hy minder as ‘n jaar gelede nog met ‘n 16 voorgee gespeel het.
Sy aftrigter, TJ, skryf sy sukses aan sy harde werk en toewyding teenoor die sport toe. Cameron vertel dat hy gemiddeld drie ure per dag aan sy gholf afstaan. Hier is hy saam met sy afrigter T.J. Bekker en Schalk Maree. Shalk het onlangs by Gaps Golf Academy aangesluit as assistent-afrigter.

to comment you need to login first - Login

Inbrekers met gholfklere betrap

09 February 2012
News: MOKOPANE - Drie inbrekers wat die Potgietersrus buiteklub se gholfwinkel in Januarie besteel het, is hierdie week danksy goeie polsiewerk vasgetrek en meer as die helfte van die gesteelde goedere is teruggekry.
27 0 Comments

Skryf nóú in en Loop vir Hoop

23 September 2011
News: MOKOPANE - Die Loop van Hoop Mokopane se datum kom nou vinnig nader en die opgewondenheid is groot oor hierdie jaarlikse hoogtepunt wat op 14 en 15 Oktober van 18h00 tot 06h00 by Hoërskool Piet Potgieter se sportvelde plaasvind.
37 0 Comments

‘n Passie vir vinnige karre!

11 October 2011 By Jasper Raats
Sport: MOKOPANE - André Coetzer is een van omtrent 30 renjaers wat minstens een keer per maand in hul witwarm renmotors by die Bosveld Oval buite Mokopane bymekaarkom en dan die teer oprol in die stryd om eerste verby die blokkiesvlag te jaag. Hy het hierdie week met Noordelike Nuus oor motorresies en sy drome gesels.
70 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles