Is daar hoop vir Mokopane se sypaadjies?


Date:

05 March 2012

Read:

173 0,0,0,1,0,0,0

Print

Die Mokopane Sakekamer het Noordelike Nuus verlede week weer genooi om saam met die president, Andy Goetsch, verskeie areas van kommer in die Mogalakwena munisipale area besoek.
Goetsh het veral probleme op sypaadjies uitgewys. Die sakekamer is steeds bekom-merd oor smouse wat onwettig handel dryf op sypaadjies in die sakegebied, die baie stukkende stormwater dreineringsgate wat stukkend en oop is, gras en onkruid wat oral in die dorp deur plaveisel op sypaadjies groei en die algehele swak toestand van plaveisels en randstene op sypaadjies.
“Wat moet mense van ons dorp dink as hulle hier ingery kom en die gras en bossies staan heuphoogte op ons sypaadjies?” wou Goetsch weet. Hy het weereens daarop gewys dat die smouse wat toegelaat word om ongehinderd op sypaadjies besigheid te doen, wettige besighede skade doen.
Maar munisipale bestuurder, William Kekana, sê hy is net so gefrustreerd soos die sakekamer met die situasie. “Ons het ongelukkig raadslede wat die smouse se belange, ten spyte van die wet, op die hart dra,” het hy verduidelik.

Onsekerheid
Kekana is self nie aldag sy toekoms by die Mogalakwena munisipaliteit seker nie. Tydens ‘n raadsverkiesing Woensdagmiddag is ‘n mosie vir sy afdanking met 30 stemme teenoor 29 afgeweer.
Kekana het vroeër die week aan Noordelike Nuus gesê die burgemeester, Esther Mothibi, wil van hom ontslae raak omdat hy daarop aandring dat Henry Thobejane, die omstrede hoof van korporatiewe dienste afgedank word. Thobejane is skuldig bevind op 26 klagte wat wissel van diefstal tot oneerlikheid in die werksplek, maar is na sy skorsing weer in diens geneem na nuutgekose raadslede kort na die munisipale verkiesing daarop aangedring het.
Oor die toestand van sypaadjies in die dorp sê Kekana die munisipaliteit neem kennis van die sakekamer se besware. Hy meen die enigste oplossing vir die probleem met die smouse is ‘n markgebied naby die taxi-halte waar smouse in ‘n beheerde omgewing met sanitêre geriewe tot hul beskikking kan handel dryf. “Ons streef daartoe,” het hy gesê.
Intussen wys die sakekamer daarop dat die munisipaliteit inkomste verloor oor geboue wat leegstaan en nie verhuur kan word nie omdat smouse die sypaadjies beset. Kekana sê hy hoop om die raad die lig in die verband te laat sien. Hy het daarop gewys dat daar wel positiewe dinge by die munisipaliteit aan die gebeur is.
“Ons het sedert die Noordelike Nuus in Januarie op die toestand van parke berig het, 27 nuwe munisipale werkers aangestel wat gaan help met die opruiming en instandhoudingswerk van die parke en tegniese dienste,” sê Kekana. “Ons het ook met geld wat ons van die Loteryraad gekry het twee nuwe trekkers gekoop wat sal help met die sny van gras. Ons bestaande vloot dateer uit die sestiger jare.”

to comment you need to login first - Login

Dwelmveldtog skop binnekort af by skole

25 April 2013 By NoordNuus reporter
News: ‘n Dwelmveldtog begin op 6 Mei by verskeie hoërskole in en rondom Mokopane om die leerders bewus te maak van die gevare en ook om die dwelmprobleem in die dorp hok te slaan. Dr. Lourens Fourie, ‘n predikant en dwelmkenner van die Kaap, gaan van 6 tot 10 Mei saam met lede van die Gemeenskapspolisiëringsforum en die Polisie graad 10 leerders toespreek. Dit volg nadat die GPF verlede maand vorendag gekom het met die projek om leerders bewus te maak van die verskillende soorte dwelms en die gevare daarvan.
112 0 Comments

Dwelmprojek vir skole geloods

15 March 2013
News: ‘n Dwelm-bewustheidsveldtog gaan binnekort geloods word om dwelmgebruikers in skole vas te vat en die leerders ook op die gevare daarvan te wys. Die dwelmprojek is vandeesweek tydens die Mokopane Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se vergadering bespreek.
293 0 Comments

Sakekamer vier sy 90ste bestaansjaar

06 June 2013
News: Die Mokopane Sakekamer het verlede Vrydagaand sy 90ste bestaans-jaar tydens ‘n spogdinee gevier. Die sakekamer het ook sy jaarlikse toekennings aan ondernemings wat presteer toegeken. Die geleentheid met die tema Van Toeka tot Nou, is by die Oasis hotel gehou.
144 0 Comments

Ou koshuis bly ‘n gemors!

25 September 2012 By Jasper Raats
News: MOKOPANE - Die ou Johan Nel seunskoshuis van Hoërskool Piet Potgieter wat nou deur die departement van onderwys oorgegee is aan departement vir openbarewerke is steeds, meer as ‘n jaar nadat Noordelike Nuus hieroor berig het, ‘n vrot nes van sluipslapers aan wie kamers onwettig uitverhuur word terwyl daar geen munisipale dienste is nie.
156 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles