<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->

      HOOFSTORIES:

 
 

Dis laag buk vir langeraat!

 
Rubrieke / Columns : 14 Oct 2016 474 Viewed By Melt van der Spuy 0

Dis nou maar een maal so – by ’n kamp­plek gebeur daar altyd iets snaaks. Iets soos iemand wat val en almal lag daaroor. Die arme man breek byna sy nek toe hy die aarde met ’n donderende slag tref en dan is dit nog sommer ’n paar keer bol­lemakiesie slaan ook. En ons lag.

So was dit ook nou die dag toe ek en my geliefde saam met lang Servaas en sy aller-enigste kampvrou ons tentpenne vir ’n hele week se uitspan by ’n vakansieoord ingeslaan het. Ons was al voorheen daar en ken die plek.

Ons het egter nie geweet die eienaars het besluit om die badkamergeriewe, of beter bekend as die ablusieblokke, op te knap nie. Die ablusies was daarna so skoon die inwonende kokkerotte is toe op die lys van bedreigde spesies.

Vir die eienaars was dit opknap, vir Ser­vaas, sou dit later blyk, was dit bykans soos die oordeelsdag. ’n Ablusieblok sou daarna nooit weer vir hom dieselfde wees nie.

Dit het alles die eerste oggend van ons kampeerdery gebeur. Ek en hy is so saam-saam met ons toiletsakkies in die een hand en handdoeke in die ander die badkamer in om ons ordentlik te maak.

Ons beland elkeen voor ’n wasbak en be­gin tandeborsel, tandepasta, skeermes, ens uitpak. Netjies op die lang plat rak waarin die wasbakke gebou is.

Toe kom die eerste probleem – met die opknappery is blykbaar besluit die kinders moet ook was en die wasbakke is laag genoeg geplaas vir die kinders om by te kom. Vir my was dit nog reg, maar Servaas se volle 2 meter moes redelik laag buig om die krane oop en toe te draai .

Ek hoor hom brom van ’n rug wat nie van rubber gemaak is nie en sy kop wat elke keer bykans in lyn met sy knieë is. Sy bloed vloei soos ’n vol Limpoporivier na sy kop toe en terug elke keer as hy buk. Servaas se gesig raak al hoe rooier en rooier.

Bokant elke wasbak is ook ’n spieël en net daaronder, ’n klein rakkie vir ekstra pak­plek. Die rakkies is ook so geplaas dat dit maklik bereikbaar is vir kinders.

Servaas is egter baie langer as ’n kind. En boonop skeer daardie hoogte kinders nog nie, maar Servaas wel.

Hy smeer die skeerseep aan, bring die skeermes na sy gesig, kom regop om in die spieël te kyk waar en hoe hy moet skeer, maar toe sien hy net baksteenmuur. Die spieël is ’n goeie 30cm laer as sy gesig.

Toe brom hy nie meer nie. Hy sê som­mer reguit in sy beste Afrikaans wat hy van die spulletjie dink. Gelukkig is ons alleen in die badkamer anders kon iemand later hoor hoe Servaas met tye 13 van die 11 amptelike tale praat!

Hy moet elke keer sy nek buig en afsak om in die spieël te kyk en elke keer hak sy skeermes aan ’n stuk gesig en die bloed spat. Sy gesig is later die ene Bloedrivier waardeur g’n impi sou kon swem nie en sy humeur so hoog ek is bang hy doen inwen­dige beserings op.

Ek proes en het probeer om nie te lag nie, maar daardie tamatiesous-gesig was een te veel. Ek gryp toe maar my goetertjies en laat waai by die deur uit.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube

 

Digital Publication