Dwelmveldtog skop binnekort af by skole

 

‘n Dwelmveldtog begin op 6 Mei by verskeie hoërskole in en rondom Mokopane om die leerders bewus te maak van die gevare en ook om die dwelmprobleem in die dorp hok te slaan.
Dr. Lourens Fourie, ‘n predikant en dwelmkenner van die Kaap, gaan van 6 tot 10 Mei saam met lede van die Gemeenskapspolisiëringsforum en die Polisie graad 10 leerders toespreek. Dit volg nadat die GPF verlede maand vorendag gekom het met die projek om leerders bewus te maak van die verskillende soorte dwelms en die gevare daarvan.
Dr. Fourie se besoek word deur die Mokopane Sakekamer gefinansier, het Andy Goetsch, voorsitter van die GPF en sakekamer-bestuurslid, gesê. Dr. Fourie sal bygestaan word deur Madalein Koekemoer. Madalein het betrokke geraak nadat sy ‘n praatjie gelewer het by die Vrouelandbou-unie oor dwelmmisbruik en die gevolge daarvan.
Madalein wil hê die leerders moet besef dat dwelmhandelaars verskeie media gebruik om hul slagoffers uit te ken en in te trek. Hulle gebruik vriende en kollegas by werke, selfs kerke en kuierplekke om ‘n profile van jou saam te stel om te kyk of jy kwalifiseer as ‘n goeie kliënt. Die week saam dr. Fourie gaan die kinders leer om hopelik die gevare raak te sien en dit aan die regte mense te rapporteer.
Madalein het onlangs self deur ‘n krisis gegaan toe haar susterskind deur ‘n dwelmsindikaat ontvoer en aangehou is. Sy is na 7 dae opgespoor en is tans in ‘n rehabilitasiekliniek.

Date:25 April 2013

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first

Read:

127

Madelein Koekemoer.
 
by: NoordNuus reporter
 
 

Style 2